| troefkaart [boodskap #142875] |
Vr., 11 Augustus 2023 20:21 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
troefkaart
Afbreking: troef•kaart
Samestelling: troef + kaart
Selfstandige naamwoord: troefkaart
Meervoud: troefkaarte
Betekenis:
• 'n Speelkaart wat in reserwe gehou word totdat 'n mens hom nodig het om te wen.
• (figuurlik) Iets wat 'n mens 'n beslissend voordeel gee en dikwels vir latere gebruik teruggehou word.
Gebruik:
• Hou die troefkaarte met die hoogste nommers, en gee die met die laagste nommers weg.
• Haar tong is die grootste troefkaart in haar arsenaal.
Vertaling:
Engels: trump-card
Nederlands: troefkaart
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|