Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » termyn
termyn [boodskap #142870] Fri, 11 August 2023 08:59
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
termyn
Afbreking: ter•myn


Selfstandige naamwoord: termyn
Meervoud: termyne
Verkleinwoord: termyntjie
Meervoud van verkleining: termyntjies

Betekenis:
• 'n Vooraf vasgestelde tydperk waarin iets gaan of moet gebeur.
• 'n Paaiement wat uit- of afbetaal moet word.

Gebruik:
• Jy kan jou maandelikse paaiement verminder deur jou verband se uitstaande termyn te verleng.
• Die koopsom sal in twee termyne uitbetaal word.

Sinoniem:
• periode
• siklus
• tydsbestek

Hiponiem:
• aflossingstermyn
• ampstermyn
• betaaltermyn
• betalingstermyn
• depositotermyn
• dienstermyn
• huurtermyn
• korttermyn
• leweringstermyn
• opseggingstermyn
• pagtermyn
• sluitingstermyn
• verjaringstermyn

Afgelei:
• termynbetaling
• termynhandel
• termynhuur
• termynkoers
• termynkontrak
• termynmark
• termynobligasie
• termynpolis
• termynprys
• termynverdeling
• termynverloop
• termynversekering

Vertaling:
Engels: term, period, time
Nederlands: termijn

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: nadraai
Volgende onderwerp: styging
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Dec 26 13:36:05 UTC 2024