Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » oogklap
oogklap [boodskap #142868] Thu, 10 August 2023 19:56
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Persoon met 'n oogklap.
Persoon met 'n oogklap.
oogklap
Afbreking: oog•klap
Samestelling: oog + klap


Selfstandige naamwoord: oogklap
Meervoud: oogklappe
Verkleinwoord: oogklappie
Meervoud van verkleining: oogklappies

Betekenis:
• 'n Skermpie om 'n seer of beskadigde oog toe te maak.
• 'n Skermpie aan die toom van 'n perd, sodat hy net vorentoe kan sien.

Gebruik:
• Die seerower het 'n woeste baard, 'n oogklap en 'n houtbeen.
• Perde waarmee resies gejaag word dra oogklappe sodat hulle net sal fokus op wat voor hulle is.

Spreekwoord:
• Iemand oogklappe aansit. [Hom bedrieg/mislei.]

Sinoniem:
• blinker

Vertaling:
Engels: eye patch, eyeflap; blinder, blinker
Nederlands: oogklep

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: vastrek
Volgende onderwerp: nadraai
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Dec 26 13:32:16 UTC 2024