Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » noute
noute [boodskap #142865] Thu, 10 August 2023 08:50
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
noute
Afbreking: nou•te


Selfstandige naamwoord: noute
Meervoud: noutes
Verkleinwoord: noutetjie
Meervoud van verkleining: noutetjies

Betekenis:
• 'n Nou ruimte of deurgang; plek wat nou, beknop en ingeperk is.
• (figuurlik) 'n Slegte, drukkende situasie.

Gebruik:
• Die bergklimmer skuur deur die noute van 'n rotsskeur.
• Toe ek in die noute was, het u vir my ruimte gemaak. [Psalm 4:2]

Sinoniem:
• engte
• vernouing
• versmalling

Afgelei:
• noutevrees

Vertaling:
Engels: narrow; trouble
Nederlands: nauwte

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: agorafobie
Volgende onderwerp: noutevrees
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Dec 26 13:37:17 UTC 2024