Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » vervolging
vervolging [boodskap #142829] Sun, 06 August 2023 09:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
vervolging
Afbreking: ver•vol•ging
Samestelling: vervolg + -ing


Selfstandige naamwoord: vervolging
Meervoud: vervolginge, vervolgings
Verkleinwoord: vervolginkie
Meervoud van verkleining: vervolginkies

Betekenis:
• Die handeling van wetlik aankla; juridies vervolg.
• Die handeling van vyandig agternasit en uitroei.

Gebruik:
• 'n Beloning is vir die suksesvolle vervolging van die skuldiges uitgeloof.
• Die wrede vervolging van Christene in die 3de eeu kon die Christendom nie vernietig nie, maar het dit eerder versterk.

Sinoniem:
• agtervolging
• heksejag
• prosekusie

Hiponiem:
• geloofsvervolging
• godsdiensvervolging
• jodevervolging
• kerkvervolging
• kettervervolging
• regsvervolging

Afgelei:
• vervolgingsgees
• vervolgingswaansin

Vertaling:
Engels: persecution, pursuit
Nederlands: vervolging

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: losbrand
Volgende onderwerp: prysgeld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Dec 26 13:19:19 UTC 2024