opruk [boodskap #142819] |
Sat, 05 August 2023 09:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opruk
Afbreking: op•ruk
Samestelling: op + ruk
Werkwoord: ruk op, opruk
Verlede tyd: het opgeruk
Betekenis:
• Om na 'n plek te masjeer/ op te trek.
• Om kwaad te word; jouself te vererg.
Gebruik:
• Die Ammoniete het opgeruk en hulle gevegslinies voor die stad opgestel. [1 Kronieke 19:9]
• Moenie jou vir my opruk nie!
Sinoniem:
• optrek
• opmarsjeer
Vertaling:
Engels: to march, advance; to pull up
Nederlands: oprukken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|