volksmoord [boodskap #142813] |
Sat, 05 August 2023 08:34 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
volksmoord
Afbreking: volks•moord
Samestelling: volk + -s- + moord
Selfstandige naamwoord: volksmoord
Meervoud: volksmoorde
Betekenis:
• Die misdaad van stelselmatige en opsetlike uitroeiing van 'n etniese groep, of 'n deel daarvan.
Gebruik:
• Die doelbewuste totstandbringing van toestande om 'n groep of 'n gedeelte daarvan uit te wis is ook volksmoord!
Sinoniem:
• genoside
• rassemoord
• volkslagting
Vertaling:
Engels: genocide
Nederlands: volkenmoord
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|