setlaar [boodskap #142811] |
Sat, 05 August 2023 07:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
setlaar
Afbreking: set•laar
Selfstandige naamwoord: setlaar
Meervoud: setlaars
Verkleinwoord: setlaartjie
Meervoud van verkleining: setlaartjies
Betekenis:
• 'n Persoon wat na 'n nuwe gebied migreer om daar 'n permanente woning te stig.
Gebruik:
• Flóki was die eerste setlaar in Ysland, die "Land van Vuur en Ys" soos dit destyds onder die Wiking-setlaars bekend gestaan het.
Sinoniem:
• immigrant
• kolonis
• pionier
• plakker
• uitlander
• volksplanter
Afgelei:
• setlaarsdag
Vertaling:
Engels: settler, immigrant
Nederlands: kolonist
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|