Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » slagting
slagting [boodskap #142808] Fri, 04 August 2023 17:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
slagting
Afbreking: slag•ting
Samestelling: slag + -ting


Selfstandige naamwoord: slagting
Meervoud: slagtinge, slagtings

Betekenis:
• Die handeling om 'n dier te slag.
• Die grootskaalse moord van mense.

Gebruik:
• Die vleisbedryf hanteer die slagting, prosessering en verspreiding van vleis vir menslike gebruik.
• Die St. James-bloedbad is 'n slagting wat in 1993 tydens 'n erediens in Kaapstad plaasgevind het.

Spreekwoord:
• Soos 'n lam ter slagting gelei. [Om jou dood sonder verset tegemoet te loop.]

Sinoniem:
• bloedbad
• bloedvergieting
• massamoord
• verdelging

Afgelei:
• massaslagting
• menseslagting
• volkslagting

Vertaling:
Engels: slaughter, butchery; massacre
Nederlands: slachting

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dring
Volgende onderwerp: kleinhoewe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Dec 26 12:03:32 UTC 2024