voorlegging [boodskap #142806] |
Fri, 04 August 2023 11:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
voorlegging
Afbreking: voor•leg•ging
Selfstandige naamwoord: voorlegging
Meervoud: voorleggings
Verkleinwoord: voorlegginkie
Meervoud van verkleining: voorlegginkies
Betekenis:
• Iets wat vir oorweging voorgelê word.
Gebruik:
• AfriForum het 'n voorlegging by die VN se Menseregteraad ingedien.
Sinoniem:
• indiening
• inhandiging
• inlewering
• presentasie
Vertaling:
Engels: submission, presentation
Nederlands: voorlegging
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|