Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » presidensie
presidensie [boodskap #142804] Fri, 04 August 2023 09:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
presidensie
Afbreking: pre•si•den•sie


Selfstandige naamwoord: presidensie
Meervoud: presidensies

Betekenis:
• Die kantoor van die president (staatshoof).
• Die woning van 'n president.

Gebruik:
• Die presidensie het aangekondig dat die inhuldiging van die land se nuutverkose president op 25 Mei sal plaasvind.
• Die Ou Presidensie in Bloemfontein huisves tans 'n museum, kunsgalery en teater.

Sinoniem:
• presidentskap
• presidentswoning

Vertaling:
Engels: presidency
Nederlands: presidentschap

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: verdoem
Volgende onderwerp: gun
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Dec 26 12:16:57 UTC 2024