mishandeling [boodskap #142800] |
Thu, 03 August 2023 20:11 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
mishandeling
Afbreking: mis•han•de•ling
Samestelling: mishandel + -ing
Selfstandige naamwoord: mishandeling
Meervoud: mishandelinge, mishandelings
Betekenis:
• Slegte of wrede behandeling.
Gebruik:
• Hoewel mans ook aan mishandeling en geweld onderwerp word, word vroue meer dikwels daardeur geraak.
Hiponiem:
• babamishandeling
• dieremishandeling
• kindermishandeling
Vertaling:
Engels: physical abuse, battering, mistreatment
Nederlands: mishandeling
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|