Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » herrie
herrie [boodskap #142793] Wo, 02 Augustus 2023 17:31
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20799
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
herrie
Afbreking: her•rie


Selfstandige naamwoord: herrie
Meervoud:

Betekenis:
• (informeel) 'n Groot opskudding.

Gebruik:
• Jy gaan nog eendag 'n herrie op sosiale media ontketen met jou omstrede boodskappe.

Spreekwoord:
• Die herrie in wees. [Baie kwaad wees.]
• 'n Herrie opskop. [Lawaai maak.]

Sinoniem:
• beroering
• bohaai
• debakel
• kabaal
• lawaai
• luidrugtigheid
• opskudding
• rumoer
• rumoerigheid
• woeligheid

Hiponiem:
• rasherrie

Afgelei:
• herrie-opskopper
• herriemaker
• herriemakery
• herrieskopper
• herrieskoppery

Vertaling:
Engels: uproar, commotion
Nederlands: herrie, opschudding

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ongeletterd
Volgende onderwerp: byeenkom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Nov 27 14:09:38 MGT 2024