veldmuis [boodskap #142772] |
Tue, 01 August 2023 11:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
veldmuis
Afbreking: veld•muis
Samestelling: veld + muis
Selfstandige naamwoord: veldmuis
Meervoud: veldmuise
Verkleinwoord: veldmuisie
Meervoud van verkleining: veldmuisies
Betekenis:
• (informeel) Enige valerige muis wat in die veld aangetref word.
• 'n Knaagdiertjie in die subfamilie van woelmuise wat soos 'n muis lyk, Microtus arvalis.
Gebruik:
• Ons het 'n veldmuis in die landerye gesien.
• Die veldmuis is nie 'n "ware muis" soos die huismuis en die bosmuis nie, maar het 'n korter, bont stert, growwer pels, 'n stomp snoet en kleiner ore.
Afgelei:
• vaalveldmuis
Vertaling:
Engels: field mouse, common vole
Nederlands: veldmuis
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|