Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » instel
instel [boodskap #142769] Mon, 31 July 2023 19:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
instel
Afbreking: in•stel
Samestelling: in + stel


Werkwoord: stel in, instel
Verlede tyd: het ingestel

Betekenis:
• Om iets te verstel om beter te werk; aanpas; kalibreer; reguleer.
• Om aan die gang te sit; in die lewe roep; begin; implementeer.
• Om op iets voorbereid te wees.

Gebruik:
• Hy stel die radio in.
• Gaan Eskom vandag beurtkrag instel?
• Moenie op julle eie belange ingestel wees nie, maar wees ingestel op wat vir ander die beste is. [1 Korintiërs 10:24]

Afgelei:
• instelhoek
• instelfout
• insteller
• instelling
• instelmeganisme
• instelpunt
• instelspoed
• instelvlak

Vertaling:
Engels: to adjust, configure; to institute, commence, establish
Nederlands: instellen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wetstoepassing
Volgende onderwerp: netbalspan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Dec 26 12:19:04 UTC 2024