Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitloof
uitloof [boodskap #142765] Mon, 31 July 2023 12:27
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitloof
Afbreking: uit•loof
Samestelling: uit + loof


Werkwoord: loof uit, uitloof
Verlede tyd: het uitgeloof

Betekenis:
• Om 'n prys te belowe; 'n beloning vir 'n inligting of 'n besondere prestasie aan te bied.

Gebruik:
• Die Stad Kaapstad het 'n beloning van R200 000 uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van die moordenaar.

Wisselvorm:
• uitlowe

Vertaling:
Engels: to offer, promise, put up a prize
Nederlands: uitloven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stemwisseling
Volgende onderwerp: dwaalkoeël
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Dec 26 12:19:18 UTC 2024