noodkreet [boodskap #142762] |
Mon, 31 July 2023 08:59 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
noodkreet
Afbreking: nood•kreet
Samestelling: nood + kreet
Selfstandige naamwoord: noodkreet
Meervoud: noodkrete
Verkleinwoord: noodkreetjie
Meervoud van verkleining: noodkreetjies
Betekenis:
• Die kreet/roep van iemand wat in nood verkeer.
Gebruik:
• Wie 'n arme se noodkreet ignoreer, sal eendag self in die moeilikheid wees. [Spreuke 21:13]
Sinoniem:
• angsgil
• hulpkreet
• hulproep
• noodroep
Vertaling:
Engels: distress call, cry of distress
Nederlands: noodkreet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|