histeries [boodskap #142761] |
Sun, 30 July 2023 20:16 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
histeries
Afbreking: hi•ste•ries
Byvoeglike naamwoord: histeries
Vergrotende trap: histerieser
Oortreffende trap: histeriesste
Attributief: histeriese
Betekenis:
• Gekenmerk deur histerie ('n onbeheerbare emosionele uitbarsting).
• (informeel) Baie wild en snaaks.
Gebruik:
• Sy het histeries gehuil en hy het histeries begin lag.
• Die vertoning is histeries; ons het dit terdeë geniet!
Sinoniem:
• senuweeagtig
• senusiek
Vertaling:
Engels: hysterical
Nederlands: hysterisch
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|