Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wakend
wakend [boodskap #142759] Sun, 30 July 2023 19:24
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
wakend
Afbreking: wa•kend
Samestelling: waak + -end


Byvoeglike naamwoord: wakend
Vergrotende trap: wakender
Oortreffende trap: wakendste
Attributief: wakende

Betekenis:
• Wat waak (wakker bly, wag hou, oppas).

Gebruik:
• Die polisie doen 'n beroep op die gemeenskap om wakend te wees en enige verdagte persone of aktiwiteite te rapporteer.
• Die moeder hou 'n wakende oog oor haar kinders.

Sinoniem:
• beskermende
• verdedigend
• waaksaam
• wakker

Vertaling:
Engels: wakeful, vigilant
Nederlands: wakend

Nota:
• Onvoltooide deelwoord van waak.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: stedelik
Volgende onderwerp: modevertoning
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Dec 26 11:58:07 UTC 2024