stedelik [boodskap #142758] |
Sun, 30 July 2023 17:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stedelik
Afbreking: ste•de•lik
Byvoeglike naamwoord: stedelik
Vergrotende trap: stedeliker
Oortreffende trap: stedelikste
Attributief: stedelike
Betekenis:
• Soos in 'n stad ('n digbevolkte gebied met baie geboue en paaie).
Gebruik:
• Nedersettings kan landelik of stedelik wees. Beide stede en dorpe is stedelike gebiede, terwyl dorpies en plase as landelike gebiede geklassifiseer word.
Sinoniem:
• metropolitaans
Antoniem:
• landelik
• nie-stedelik
• plattelands
Afgelei:
• buitestedelik
• halfstedelik
• hoofstedelik
• grootstedelik
• tussenstedelik
• verstedelik
• voorstedelik
Vertaling:
Engels: urban, civic
Nederlands: stedelijk
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|