Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » glansryk
glansryk [boodskap #142757] Sun, 30 July 2023 17:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
glansryk
Afbreking: glans•ryk
Samestelling: glans + -ryk


Byvoeglike naamwoord: glansryk
Vergrotende trap: glansryker
Oortreffende trap: glansrykste
Attributief: glansryke
Partitief: glansryks

Betekenis:
• Met baie glans (soos lig daarvan weerkaats).
• (figuurlik) Met roem, glorie, eer, prag en praal.

Gebruik:
• Hoe glansryk is alles wat U in die hemelruim geplaas het! [Psalms 8:2]
• Talle kunstenaars is by dié glansryke geleentheid vereer.

Sinoniem:
• blinkend
• glansig
• glinsterend
• skitterend
• eervol
• glorieryk
• luisterryk
• roemryk

Afgelei:
• glansrykheid

Vertaling:
Engels: radiant, brilliant; glorious, lustrous, splendid
Nederlands: glansrijk

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: volhoubaar
Volgende onderwerp: stedelik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Thu Dec 26 12:29:08 UTC 2024