dompel [boodskap #142753] |
Sun, 30 July 2023 10:06 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dompel
Afbreking: dom•pel
Werkwoord: dompel
Verlede tyd: het gedompel
Betekenis:
• Om in 'n vloeistof te druk.
• Om in iets (soos skuld, probleme, haat of rou) te laat versink.
Gebruik:
• Sy dompel 'n stuk beskuit in haar koffie.
• As die stakings voortduur kan dit die land in 'n ressessie dompel.
Sinoniem:
• dip
• doop
• sink
• week
Afgelei:
• dompelaar
• dompeldoop
• dompeling
• dompelpomp
• indompel
• onderdompel
Vertaling:
Engels: to plunge, immerse in a liquid
Nederlands: dompelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|