Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » smeulend
smeulend [boodskap #142751] Sun, 30 July 2023 09:34
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 21022
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
smeulend
Afbreking: smeu•lend
Samestelling: smeul + -end


Byvoeglike naamwoord: smeulend
Vergrotende trap: smeulender
Oortreffende trap: smeulendste
Attributief: smeulende
Partitief: smeulends

Betekenis:
• Wat smeul, stadig sonder vlamme brand.
• (figuurlik) Wat dreigend en onheilspellend is.
• (figuurlik) Wat warm en seksie is.

Gebruik:
• Hy gooi water oor die smeulende kole.
• Ek het nog nooit soveel smeulende haat en onverdraagsaamheid onder mense ervaar nie.
• Op 50 is die model nog net so mooi en smeulend soos altyd.

Sinoniem:
• blakend
• brandend
• dreigend
• gloeiend
• onheilspellend

Vertaling:
Engels: smouldering, simmering
Nederlands: smeulend

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: afspeel
Volgende onderwerp: rookwolk
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 13 16:36:21 UTC 2025