Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » offensief
offensief [boodskap #142743] Sat, 29 July 2023 19:46
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
offensief
Afbreking: of•fen•sief


Selfstandige naamwoord: offensief
Meervoud: offensiewe

Betekenis:
• 'n Aanvallende aksie. Veldtog waartydens die teenstander bestorm word.

Gebruik:
• Teen die einde van 1942 kon die Amerikaners, Britte en die Russe aan al die fronte tot die offensief oorgaan.

Antoniem:
• defensief

Hiponiem:
• grondoffensief
• lugoffensief
• teenoffensief
• vredesoffensief

Vertaling:
Engels: offensive
Nederlands: offensief


Byvoeglike naamwoord: offensief
Attributief: offensiewe

Betekenis:
• Wat aggressief op die aanval is.

Gebruik:
• Die offensiewe optrede het hulle duur te staan gekom.

Vertaling:
Engels: offensive
Nederlands: offensief

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: konflikgebied
Volgende onderwerp: slagtand
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Dec 27 01:56:37 UTC 2024