dosent [boodskap #142738] |
Sat, 29 July 2023 11:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
dosent
Afbreking: do•sent
Selfstandige naamwoord: dosent
Meervoud: dosente
Verkleinwoord: dosentjie
Meervoud van verkleining: dosentjies
Betekenis:
• Iemand wat doseer; op naskoolse vlak les gee. 'n Onderwyser aan 'n universiteit of ander tersiêre inrigting.
Gebruik:
• Die dosent is op en wakker en weet waarvan hy praat.
Sinoniem:
• leerkrag
• leermeester
• lektor
• lesgewer
• professor
Afgelei:
• gasdosent
• privaatdosent
• verpleegdosent
Vertaling:
Engels: docent, lecturer, instructor
Nederlands: docent
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|