sopkombuis [boodskap #142729] |
Fri, 28 July 2023 16:06 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sopkombuis
Afbreking: sop•kom•buis
Samestelling: sop + kombuis
Selfstandige naamwoord: sopkombuis
Meervoud: sopkombuise
Verkleinwoord: sopkombuisie
Meervoud van verkleining: sopkombuisies
Betekenis:
• Eetplek waar kos (gratis of onder kosprys) aan behoeftige mense voorsien word.
Gebruik:
• Skole in armer gebiede is dikwels genoodsaak om 'n sopkombuis te bedryf sodat kinders ten minste een warm ete per dag kan geniet.
Vertaling:
Engels: soup kitchen
Nederlands: gaarkeuken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|