Betekenis:
• Hulpmiddel wat 'n atleet of swemmer help om vinnig weg te spring.
• (figuurlik) 'n Vinnige begin, of iets wat mens help om vinniger aan die gang te kom.
Gebruik:
• Wegspringblokke word voorsien, maar hardlopers kan ook hulle eie saambring.
• Die jaar het teen 'n spoed uit die wegspringblok geskiet.