seevaarder [boodskap #142719] |
Thu, 27 July 2023 19:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
seevaarder
Afbreking: see•vaar•der
Samestelling: see + vaarder
Selfstandige naamwoord: seevaarder
Meervoud: seevaarders
Betekenis:
• Iemand wie se beroep dit is om die see te bevaar.
Gebruik:
• In 1488 het Bartholomeüs Dias, 'n Portugese seevaarder, om die Kaap die Goeie Hoop geseil.
Sinoniem:
• seeman
Vertaling:
Engels: seafarer, sailor, navigator
Nederlands: zeevaarder
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|