gebeurlikheidsplan [boodskap #142705] |
Wed, 26 July 2023 17:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
gebeurlikheidsplan
Afbreking: ge•beur•lik•heids•plan
Samestelling: gebeurlikheid + -s- + plan
Selfstandige naamwoord: gebeurlikheidsplan
Meervoud: gebeurlikheidsplanne
Betekenis:
• 'n Plan wat moontlike toekomstige gebeurlikhede in ag neem.
Gebruik:
• Het jy 'n gebeurlikheidsplan in ingeval die kragnetwerk faal en jou huis vir dae sonder krag sit?
Verwant:
• noodplan
Vertaling:
Engels: contingency plan
Nederlands: calamiteitenplan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|