ammunisie [boodskap #142703] |
Wo, 26 Julie 2023 15:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ammunisie
Afbreking: am•mu•ni•sie
Selfstandige naamwoord: ammunisie
Meervoud: –
Betekenis:
• Dit waarmee vuurwapens skiet, soos koeëls, patrone, granate, missiele, mortiere, myne, ens.
Gebruik:
• Moenie 'n oorlog begin as jy nie genoeg ammunisie het nie.
Sinoniem:
• munisie
• skietgoed
• skietvoorraad
Afgelei:
• kleingeweerammunisie
• ammunisiewa
Afkorting:
• ammu.
Vertaling:
Engels: ammunition, munition
Nederlands: ammunitie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|