aanvoer [boodskap #142698] |
Wed, 26 July 2023 13:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 21023 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanvoer
Afbreking: aan•voer
Samestelling: aan + voer
Werkwoord: voer aan, aanvoer
Verlede tyd: het aangevoer
Betekenis:
• Om iets te beweer; as bewys bybring.
• Om leiding te neem en bevele te gee.
• (ongewoon) Om na 'n plek te vervoer.
Gebruik:
• Die argumente wat aanvoer is, is glad nie oortuigend nie.
• Die Here voer sy leër aan met 'n oorlogskreet. [Joël 2:11]
• Die olie word per pype na die hawe aangevoer.
Afgelei:
• aanvoerder
• aanvoerend
• aanvoering
• aanvoerkanaal
• aanvoerlyn
• aanvoerpyp
• aanvoerwater
Vertaling:
Engels: to allege, adduce; to command, lead, captain; to bring, convey
Nederlands: aanvoeren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|