ooreen [boodskap #142696] |
Wed, 26 July 2023 13:09 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
ooreen
Afbreking: oor•een
Samestelling: oor + een
Bywoord: ooreen
Betekenis:
• Saam (as die bywoordelike deel van 'n skeibare werkwoord).
Gebruik:
• Die twee tekste stem nie ooreen nie (die werkwoord is: ooreenstem; stem ooreen; het ooreengestem).
Spreekwoord:
• Iemand se môre- en aandpraatjies kom nie ooreen nie. [Iemand is nie te vertrou nie.]
• Sy aand- en môrepraatjies stem nie ooreen nie. [Hy bly nie altyd by wat hy sê nie.]
Sinoniem:
• saam
Afgelei:
• ooreenbring
• ooreenkom
• ooreenstem
• ooreenval
Vertaling:
Engels: equal, matching
Nederlands: overeen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|