redaksie [boodskap #142692] |
Wed, 26 July 2023 09:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
redaksie
Afbreking: re•dak•sie
Selfstandige naamwoord: redaksie
Meervoud: redaksies
Betekenis:
• Die versameling redakteure van 'n koerant, tydskrif of ander publikasie.
• Die opstel, nagaan en korreksie van 'n teks voor die publikasie daarvan.
Gebruik:
• Die redaksie wens u 'n geseënde vakansie toe.
• Ons bedank die professor vir sy redaksie aan die artikel.
Sinoniem:
• redakteurs
Afgelei:
• redaksiebeleid
• redaksieburo
• redaksiedepartement
• redaksiegeheim
• redaksiekamer
• redaksiekantoor
• redaksiekommissie
• redaksielid
• redaksiepersoneel
• redaksievergadering
• redaksiewerk
Verwant:
• redaksioneel
• redakteur
Vertaling:
Engels: editoral staff; editing
Nederlands: redactie
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|