sensitiwiteit [boodskap #142691] |
Wed, 26 July 2023 08:53 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sensitiwiteit
Afbreking: sen•si•ti•wi•teit
Samestelling: sensitief + -iteit
Selfstandige naamwoord: sensitiwiteit
Meervoud: sensitiwiteite
Betekenis:
• Die toestand van sensitief (sintuiglik of emosioneel fyngevoelig) wees.
Gebruik:
• Die verslag is weens die sensitiwiteit daarvan nie aan die publiek bekend gemaak nie.
Sinoniem:
• fyngevoeligheid
• gevoeligheid
• oorgevoeligheid
• prikkelbaarheid
• teergevoeligheid
Hiponiem:
• hipersensitiwiteit
• kleursensitiwiteit
• kontrassensitiwiteit
Afgelei:
• sensitiwiteitsanalise
Vertaling:
Engels: sensitivity
Nederlands: sensitiviteit
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|