Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » duister
duister [boodskap #142688] Wed, 26 July 2023 08:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
duister
Afbreking: dui•ster
Uitspraak: /ˈdœistər/


Byvoeglike naamwoord: duister
Vergrotende trap: duisterder
Oortreffende trap: duisterste
Attributief: duister, duistere
Partitief: duisters

Betekenis:
• Wat in donkerte gehul en nie voldoende belig is nie.
• Wat onbekend en geheimsinnig is; moeilik om te verstaan.
• Wat van die duisternis (duiwelse dinge) getuig.

Gebruik:
• Hy val oor 'n trappie in die duister gang.
• Sy het 'n skuilnaam gebruik om haar duister verlede weg te steek.
• Moenie toelaat dat ander jou by duister dinge betrek nie.

Spreekwoord:
• Ander mense se boeke is duister om te lees. [Dit is moeilik om ander se sake te verstaan.]
• 'n Ander man se briewe is duister om te lees. ['n Mens weet nooit presies wat in iemand anders se lewe aangaan nie.]

Sinoniem:
• skemeragtig
• geheimsinnig
• onbekend
• raaiselagtig
• verborge

Antoniem:
• helder
• lig

Afgelei:
• duisterheid
• duisternis
• verduister

Vertaling:
Engels: dark, gloomy; obscure, mysterious
Nederlands: duister


Selfstandige naamwoord: duister
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Donkerte, of figuurlik, 'n onsekerheid.

Gebruik:
• In die duister kon ons nie sien of dit 'n vriend of vyand was nie.

Spreekwoord:
• In die duister rondtas. [Niks van iets weet.]

Vertaling:
Engels: dark, darkness
Nederlands: duister

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: konkelwerk
Volgende onderwerp: wapenhandel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Dec 27 02:15:01 UTC 2024