snater [boodskap #142673] |
Sun, 23 July 2023 19:29 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
snater
Afbreking: sna•ter
Werkwoord: snater
Verlede tyd: het gesnater
Betekenis:
• Om onophoudelik te babbel of te kekkel, wat herinner aan die geluid wat 'n eend of gans maak.
Gebruik:
• Die ganse swem en snater vrolik op die dam.
Vertaling:
Engels: to cackle, chatter
Nederlands: snateren
Selfstandige naamwoord: snater
Meervoud: snaters
Verkleinwoord: snatertjie
Meervoud van verkleining: snatertjies
Betekenis:
• (pejoratief) Iemand se mond.
Gebruik:
• Hou jou snater!
Sinoniem:
• bek
• smoel
Afgelei:
• snaterbek
Vertaling:
Engels: mouth
Nederlands: snater
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|