afkappingsteken [boodskap #142671] |
So, 23 Julie 2023 17:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
afkappingsteken
Afbreking: af•kap•pings•teken
Samestelling: afkapping + -s- + teken
Selfstandige naamwoord: afkappingsteken
Meervoud: afkappingstekens
Verkleinwoord: afkappingstekentjie
Meervoud van verkleining: afkappingstekentjies
Betekenis:
• Die leesteken wat soos 'n komma lyk, maar hoër geplaas word, om uitgelate klanke, meervoude, ens. aan te dui.
Gebruik:
• Die afkappingsteken word gebruik in woorde soos 'n, 't, s'n, SMS'e, ens.
Sinoniem:
• apostroof
• uitlatingsteken
• weglatingsteken
Vertaling:
Engels: apostrophe
Nederlands: afkappingsteken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|