werkswinkel [boodskap #142668] |
Sun, 23 July 2023 11:46 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
werkswinkel
Afbreking: werks•win•kel
Samestelling: werk + -s- + winkel
Selfstandige naamwoord: werkswinkel
Meervoud: werkswinkels
Verkleinwoord: werkswinkeltjie
Meervoud van verkleining: werkswinkeltjies
Betekenis:
• 'n Winkel/plek waar ambagsmanne werskaf.
• 'n Byeenkoms van mense vir opleiding of om 'n probleem aan te spreek.
Gebruik:
• Die motor is in die werkswinkel vir sy jaarlikse diens.
• In hierdie werkswinkel word daar op die eerste 5 boeke van die Ou Testament gefokus.
Wisselvorm:
• werkwinkel
Vertaling:
Engels: workshop
Nederlands: werkswinkel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|