aanduider [boodskap #142661] |
So, 23 Julie 2023 09:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
aanduider
Afbreking: aan•dui•der
Samestelling: aandui + -der
Selfstandige naamwoord: aanduider
Meervoud: aanduiders
Betekenis:
• Iets wat iets anders aandui/uitwys.
• (chemie) 'n Stof wat van kleur verander om 'n chemiese eienskap aan te dui.
Gebruik:
• Inflasie is 'n aanduider van die stand van 'n ekonomie.
• Lakmoes is een van die bekendste aanduiders om die pH-vlak van 'n oplossing te bepaal.
Wisselvorm:
• aanduier
Sinoniem:
• indikator
• wyser
Vertaling:
Engels: indicator
Nederlands: indicator
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|