bevry [boodskap #142650] |
Sat, 22 July 2023 07:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
bevry
Afbreking: be•vry
Samestelling: be- + vry
Werkwoord: bevry
Verlede tyd: het bevry
Betekenis:
• Om vry te maak; van iets wat knel te verlos.
Gebruik:
• Die gyselaars is onbeseer bevry terwyl slegs een terroris aan boord die voorval oorleef het.
Sinoniem:
• loslaat
• losmaak
• lossny
• loswikkel
• ontset
• red
• verlos
• vrymaak
• vrystel
Antoniem:
• vaskeer
Afgelei:
• bevryde
• bevrydend
• bevryder
• bevryding
Vertaling:
Engels: to set free, rescue, liberate
Nederlands: bevrijden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|