eersdaags [boodskap #142635] |
Fri, 21 July 2023 15:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
eersdaags
Afbreking: eers•daags
Samestelling: eers + daags
Byvoeglike naamwoord: eersdaags
Attributief: eersdaagse
Betekenis:
• Binne enkele dae.
Gebruik:
• Die verdagtes sal eersdaags op aanklag van mensehandel in die hof verskyn.
Sinoniem:
• binnekort
• spoedig
• weldra
Vertaling:
Engels: one of these days, shortly
Nederlands: eerstdaags
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|