plus [boodskap #142628] |
Wed, 19 July 2023 16:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
plus
Afbreking: plus
Werkwoord: plus
Verlede tyd: het geplus
Betekenis:
• Om die vorige en volgende getalle bymekaar te tel.
Gebruik:
• Drie plus vier is sewe.
Sinoniem:
• bytel
• en
• inreken
Antoniem:
• minus
Vertaling:
Engels: to plus
Nederlands: plussen
Selfstandige naamwoord: plus
Meervoud: plusse
Betekenis:
• 'n Voordeel of 'n positiewe bedrag.
• Die plusteken/optelteken, +.
Gebruik:
• Die kombuis is groot; dit is 'n groot plus.
• 'n Minus maal met 'n minus is 'n plus.
Afgelei:
• plus-minus
• plusteken
• surplus
Vertaling:
Engels: plus
Nederlands: plus
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|