Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » heelhuids
heelhuids [boodskap #142615] Tue, 18 July 2023 20:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20946
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
heelhuids
Afbreking: heel•huids
Samestelling: heel + huid + -s


Bywoord: heelhuids

Betekenis:
• Sonder letsels of beserings.
• In sy geheel; met huid en haar; met kop en pootjies.

Gebruik:
• Ons was verbaas toe die man heelhuids uit die motor se wrak klim.
• Die luislang het die rooibok heelhuids ingesluk.

Sinoniem:
• onbeseer
• onbeskadig
• ongedeerd
• ongeskonde
• ongekwes

Vertaling:
Engels: with a whole skin, unharmed, unscathed; with skin and all
Nederlands: heelhuids

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: murasie
Volgende onderwerp: vegtery
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Dec 27 02:16:55 UTC 2024