verstrooid [boodskap #142600] |
Ma, 17 Julie 2023 15:51 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verstrooid
Afbreking: ver•strooid
Samestelling: verstrooi + -d
Byvoeglike naamwoord: verstrooi, verstrooid
Vergrotende trap: verstrooider
Oortreffende trap: verstrooidste
Attributief: verstrooide
Betekenis:
• Wat oor 'n groot gebied verstrooi/versprei is.
• (figuurlik) Wat ingedagte en vergeetagtig is.
Gebruik:
• Vandag is Afrikaners oor die hele wêreld verstrooid.
• Die verstrooide professor soek na die bril wat bo-op sy kop sit.
Sinoniem:
• diffuus
• verspreid
• afgetrokke
• afwesig
• ingedagte
• onoplettend
• warhoofdig
Antoniem:
• gekonsentreerd
Afgelei:
• verstrooides
• verstrooidheid
Vertaling:
Engels: dispersed, scattered; absent-minded, preoccupied
Nederlands: verstrooid
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|