vasskop [boodskap #142592] |
So, 16 Julie 2023 08:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20785 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vasskop
Afbreking: vas•skop
Samestelling: vas + skop
Werkwoord: skop vas, vasskop
Verlede tyd: het vasgeskop
Betekenis:
• Om jouself onbeweeglik te maak; viervoet vassteek.
• (figuurlik) Om nie saam met iets te gaan nie, voet by stuk hou.
Gebruik:
• Die donkie skop toe vas en wou nie 'n tree verder loop nie.
• Die party het vasgeskop teen die omstrede wysigings aan die wet.
Sinoniem:
• bestry
• rebelleer
• staak
• stut
• teenstaan
• verseg
• verset
• weerstaan
• weier
Vertaling:
Engels: to make a stand, dig in one's heels
Nederlands: voet bij stuk houden
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|