kassensitief [boodskap #142569] |
Do, 13 Julie 2023 19:08 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20799 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kassensitief
Afbreking: kas•sen•si•tief
Samestelling: kas + sensitief
Byvoeglike naamwoord: kassensitief
Attributief: kassensitiewe
Betekenis:
• Wat sensitief is vir letterkas; onderskeid tussen hoofletters en kleinletters tref.
Gebruik:
• Wagwoorde is kassensitief, m.a.w. "wagwoord" is nie dieselfde as "WagWoord" nie.
Sinoniem:
• hooflettergevoelig
Verwant:
• bokas
• onderkas
Vertaling:
Engels: case sensitive, case-sensitive, case dependent
Nederlands: hoofdlettergevoelig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|