stapelgek [boodskap #142548] |
Wed, 12 July 2023 12:52 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20946 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stapelgek
Afbreking: sta•pel•gek
Samestelling: stapel + gek
Byvoeglike naamwoord: stapelgek
Vergrotende trap: stapelgekker
Oortreffende trap: stapelgekste
Attributief: stapelgekke
Partitief: stapelgeks
Betekenis:
• Intensiewe vorm van gek. Heeltemal gek. Totaal kranksinnig.
Gebruik:
• Die vent is stapelgek.
Sinoniem:
• besete
• gesteurd
• getik
• kens
• kranksinnig
• maansiek
• waansinnig
Vertaling:
Engels: totally crazy, raving mad, bonkers
Nederlands: stapelgek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|