stokstyf [boodskap #142540] |
Wed, 12 July 2023 10:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20947 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
stokstyf
Afbreking: stok•styf
Samestelling: stok + styf
Byvoeglike naamwoord: stokstyf
Attributief: stokstywe
Betekenis:
• Intensiewe vorm van styf. Baie styf en strak. So styf soos 'n stok.
Gebruik:
• Toe ek die oggend opstaan was my nek stokstyf en kon ek skaars my kop draai.
Sinoniem:
• onbeweeglik
• snaarstyf
• stokkerig
Vertaling:
Engels: very stiff, as stiff as a stick
Nederlands: stokstijf
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|