Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » uitgang
uitgang [boodskap #142534] Wed, 12 July 2023 08:03
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20947
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
uitgang
Afbreking: uit•gang
Samestelling: uit + gang


Selfstandige naamwoord: uitgang
Meervoud: uitgange
Verkleinwoord: uitgangetjie
Meervoud van verkleining: uitgangetjies

Betekenis:
• 'n Opening na buite; pad waarlangs 'n mens 'n ruimte verlaat.
• Die einde van iets (soos 'n lewe, jaar, eeu, millennium, ens.)
• (taalkunde) 'n Aantal letters agter die stam van 'n woord as vervoegings- of verbuigingselement.

Gebruik:
• Die kamer het 'n geheime uitgang waarlangs 'n mens die gebou kan verlaat.
• Met die uitgang van die jaar was hy sterwend en moes sy hom versorg.
• Verkleinwoorde word gevorm deur die toevoeging van die uitgange ~ie, ~jie, ~tjie ~etjie en ~pie.

Spreekwoord:
• Jou uitgang en jou ingang. [Jou doen en late.]

Sinoniem:
• uitlaat
• uitweg

Antoniem:
• ingang

Hiponiem:
• branduitgang
• hoofuitgang
• nooduitgang
• syuitgang

Afgelei:
• uitgangsdeur
• uitgangskaartjie
• uitgangspunt

Vertaling:
Engels: exit, way out; ending, termination
Nederlands: uitgang

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: oopsluit
Volgende onderwerp: laagtepunt
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 01 15:25:18 UTC 2025