platform [boodskap #142531] |
Tue, 11 July 2023 20:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20947 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
platform
Afbreking: plat•form
Selfstandige naamwoord: platform
Meervoud: platforms
Verkleinwoord: platformpie
Meervoud van verkleining: platformpies
Betekenis:
• 'n Plat verhoging waarop iemand kan staan of waarop 'n mens iets kan sit.
• (figuurlik) 'n Basis of ankerpunt vanwaar iets verder uitgebou kan word.
Gebruik:
• Salomo het 'n platform van twee en 'n half meter hoog teen die muur rondom die tempel gebou. [1 Konings 6:10]
• Die kunstefees bied 'n platform aan kunstenaars om hulle liefde en talent vir die kunste uit te leef.
Sinoniem:
• podium
• perron
• stellasie
• terras
• verhewenheid
• verhoog
Hiponiem:
• boorplatform
• duikplatform
• lanseerplatform
• stasieplatform
Vertaling:
Engels: platform
Nederlands: platform
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|